Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Mohammed aan Ajesja" deur D.J. OPPERMAN
"Mohammed aan Ajesja" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #8528] Do, 13 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MOHAMMED AAN AJESJA
D.J Opperman

Jy vra ek moet na jou jong borste kyk
wat vol en vas en plooiloos soos 'n duif
se krop nog span en julle vergelyk.
Ja, ek proe snags die soetheid van die druif
in jou en al jou wysheid is 'n tent
tussen die wind en my; maar in die verre
jare toe ek eensaam was en onbekend
onder miljoene wat nou volg, en sterre
met die waarheid inflikker op my oë
maar ek nog skaam was vir my woord, het sy
eerste en jare lank alleen geglo
dat ek geroepe is... Tog, hoe kan jy,
nog nie gerimpel of geryp deur pyn,
ooit weet die soetste druif is half rosyn.

(gepos deur gloudina bouwer)
Re: "Mohammed aan Ajesja" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #8540 is 'n antwoord op boodskap #8528] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm was dit nie 'n soortgelyke storie wat Salman (?) Rushdie so diep in die
moelikheid geplaas het nie? Hoekom het ons nie sulke gedigte op skool gedoen
nie, dit sou 'n seun dalk meer vryheid in sy vertolking van gedigte gegee het
:)

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: "G'n Gedig " van NEELS JACKSON
Volgende onderwerp: "Hulde aan Claude" deur NEELS JACKSON
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 10:31:05 MGT 2024